Sterol

Algemene struktuur van sterole.

'n Sterol is 'n organiese verbinding met chemiese formule C17H28O, waarvan die molekule 'n gonaanmolekule is, waar een waterstofatoom by posisie 3 in 'n sikloheksaanring vervang is met 'n hidroksielgroep. Dit is dus effektief 'n alkohol van gonaan. In die algemeen word enige verbindings wat die gonaan-struktuur bevat, met een of meer waterstowwe vervang met funksionele groepe, of met modifikasies aan die ringstrukture, 'n steroied genoem. Sterole is dus 'n ondergroep van steroiede. Sterole kom natuurlik voor in die meeste eukareote, insluitend plante, diere, en swamme, alhoewel skere bakteriee dit ook produseer. Die bekendste sterol is cholesterol, wat deurslaggewend is vir selmembraanvorming in diere en wat ook as voorloper dien vir vetoplosbare vitamiene en steroiedhormone.

Alhoewel sterol tegnies 'n alkohol is, verkies biochemici om dit eerder as 'n lipied (dit wil se, 'n vet) te klassifiseer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search